#DFMustFall: 'Geskiedenis behoort aan ons almal'

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Geskiedenis is nie daar vir jou om van te hou of te verwerp nie. Geskiedenis is daar om van te leer en as dit jou ongemaklik maak, is dit goed, want dan is ons minder geneig om dit te herhaal.

Geskiedenis is nie joune om te herskryf nie. Geskiedenis behoort aan ons almal.

Die Hoërskool D.F. Malan. Foto: Adrian de Kock
Die Hoërskool D.F. Malan. Foto: Adrian de Kock (SYSTEM)

In 2001 het Kader Asmal, die minister van onderwys, genoem dat daar geen plan is om die name van skole wat na apartheid-politici vernoem is, te verander nie.

Die aangeleentheid is verder gevat deur te argumenteer dat die onwilligheid om skole se name soos die Hoërskool D.F. Malan, die Hoërskool Hottentots-Holland en die Hoërskool Jim Fouché te verander, neerkom op die aanvaarding van 'n bedeling wat as immoreel beskou kan word. Onwilligheid om self inisiatief te neem om die name te verander, dui daarop dat mense nie deel wil wees van die nuwe Suid-Afrika nie.

In plaas daarvan om beperkte hulpbronne te gebruik om name te verander wat in elk geval geen samehorigheid bevorder nie, kan dit eerder vir ernstiger kwessies gebruik word.

Lewe ons werklik in die nuwe Suid-Afrika? Wat het ons bereik in die 28 jaar van die nuwe Suid-Afrika? Ons is steeds verdeeld, dalk nog meer as vantevore, want die lyn tussen rasgroepe is meer prominent as vantevore.

In plaas daarvan om beperkte hulpbronne te gebruik om name te verander wat in elk geval geen samehorigheid bevorder nie, kan dit eerder vir ernstiger kwessies gebruik word.

'n Goeie voorbeeld hiervan is die bekamping van misdaad, die verbetering van die gesondheid- en onderrigstelsel en die algemene lewensomstandighede van Suid-Afrikaners. Die verbetering van hierdie kwessies hou regstreeks verband met die basiese regte wat in die Grondwet gewaarborg word.

Ons kan miskien leer uit die voorbeeld aan ons gestel deur Duitsland wat nie sy geskiedenis wegsteek nie. Konsentrasiekampe soos Dachau en Auschwitz kan besoek word en die geskiedenis daarvan kan bestudeer word. Dit is nie omdat dit verheerlik word nie, maar om ons te herinner dat dit nooit weer mag gebeur nie. Dus verheerlik ek nie ons geskiedenis nie, maar ek behou dit as deel van my kultuur en menswees juis om daaruit te leer. Naamsverandering en die betaling van skadevergoeding gaan nie samehorigheid bewerkstellig nie. Inteendeel dit gaan net dieper verdeling veroorsaak omdat sekere groepe voel hulle geskiedenis word misken.

Ons moet onsself vryskeld van die skuldgevoelens en paranoia.

Ek is deel van die born free-generasie, maar is ons generasie werklik vry van onderdrukking op rasgronde of word ons voortdurend veroordeel en gemeet aan foute uit die verlede? Ek voel ons moet ophou om ou koeie uit die sloot te grawe, maar tog uit elke stukkie van ons geskiedenis in Suid-Afrika te leer om die reënboognasie 'n nuwe missie te gee.

Die born frees is geketting aan 'n geskiedenis waaraan ons geen deel gehad het nie. Ons moet onsself vryskeld van die skuldgevoelens en paranoia. Hoewel ons kulture en agtergronde verskil, ervaar ons almal liefde, hartseer, vreugde en hoop wat ons moet gebruik as boustene vir 'n beter Suid-Afrika, nie net vir ons nie, maar vir ons nageslag en die trots wat daarmee saamgaan.

  • Lara is 'n student in haar eerste jaar aan die Universiteit van Suid-Afrika en sy studeer BA-algemeen. Sy woon in Pretoria.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Lara Maree, Universiteit van Suid-Afrika

SPELETJIES VANDAG

CTA