Fokus hierop kan stabiliteit verseker

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
SA vlag
SA vlag

Met die samestelling van die RNE is een baie belangrike aspek afgehandel, te wete die inklusiewe verteenwoordiging van die betrokke partye.

Só is verseker dat alle groot politieke partye en beduidende minderheidsgroepe in die kabinet verteenwoordig word. Hierdie inklusiwiteit kan help om 'n gevoel van eienaarskap en toewyding tot die RNE te bevorder.

Die belangrikste onderhandelinge lê egter nou voor. In alle gevalle sal sterk, visioenêre en onpartydige leierskap nou toegepas moet word en sal leiers na­sio­nale belange bo partypolitieke en persoonlike gewin moet stel.

'n Mens wil glo dat die nuwe kabinet nou vir 'n paar dae in afsondering 'n duidelike mandaat en doelwitte vir die regering van nasionale eenheid moet gaan bepaal.

Dit sluit in die aanpak van dringende kwessies soos ekonomiese herstel, werkskepping, sosiale geregtigheid en dienslewering. Ook die volgende:

  • Vertroue sal gebou moet word deur deursigtigheid in besluit­nemingsprosesse te verseker. Dit sal ook die potensiaal vir korrupsie verminder.
  • Kritieke besluite vir die ontwikkeling van meganismes vir konflikoplossing en konsensusbou binne die kabinet sal geneem moet word. Daarsonder kan chaos baie maklik ontstaan, wat tot wantroue kan lei.
  • Die inbind van openbare betrokkenheid kan verkry word deur gereeld die doelwitte, vordering en uitdagings van die RNE aan die publiek te kommunikeer. Dit bevorder openbare ondersteuning en begrip van die regering se inisiatiewe.
  • Groot klem moet steeds gelê word op bevordering van versoening en eenheid deur historiese ongeregtighede aan te pak en sosiale kohesie te bevorder.
  • Beleid moet ingestel word wat ekonomiese groei bevorder, ongelykheid verminder en maatskaplike dienste verbeter.
  • Konsensus moet verkry word oor die vestiging van/en aanspreeklikheid vir teenkorrupsiemaatreëls om te verseker dat veral finansies en ander openbare hulpbronne doeltreffend en tot voordeel van alle burgers aangewend word.

Deur op hierdie gebiede te fokus kan begin word om 'n stabiele, voorspoedige en verenigde Suid-Afrika te skep.

Om reg te begin is nie 'n opsie nie, maar 'n noodsaaklikheid. Goed begin is half gewin!

Sarel Myburgh, Thailand

SPELETJIES VANDAG

CTA