Stephan Joubert: Wees onkundig

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

In 1 Korintiërs 14:20 skryf Paulus: "My liewe familie in die Here, julle moenie soos kinders wees wat julle denke betref nie. Wees so onskuldig soos klein kindertjies wanneer dit by verkeerde dinge kom, maar sorg dat julle denke altyd volwasse is" (NNT).

Paulus maak dit duidelik dat ons nie die nuutste toptiensondes van die dag uit ons kop hoef te ken nie. Ons hoef nie sondekenners te wees nie. Net dalk gaan so 'n ingesteldheid ons nuuskierig maak om sulke dinge ook te wil doen.

Om te fokus op alles wat verkeerd is, verskuif ons fokus na daar waar dit nie tuishoort nie. Ons moet eerder ons hart en ons kop volmaak met God se Woord. Ons moet dit vul met alles wat mooi, goed en opbouend is. Ons moet die Here beter leer ken, dan sal ons Hom met groter oorgawe dien. Dan sal slegte dinge vanself die pad vat. Daar sal geen spasie in ons gedagtes of in ons lewe beskikbaar wees vir boosheid nie. Ons hart se totale kapasiteit sal dan deur God se goedheid volgemaak word.

Uit die Woord

Alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat lof verdien, ja, watter deug of watter prysenswaardige saak daar ook mag wees: rig julle gedagtes daarop. - Filippense 4:8

SPELETJIES VANDAG

CTA