Skorsing kan Jan-Hendrik Wessels R1,5 miljoen kos:
Indien hy verkeerd was, skors hom. In hierdie geval was hy nie verkeerd nie. Daar kan geen fout met sy spel gesien word nie. Dis regtig belaglik. – Marlené Van Rensburg
Dit raak absoluut belaglik. Die Europese ouens soek ons nie in hulle kompetisie nie. – Rudi en Elzette Goldschagg
Ek voel die mense wat hom gevonnis het, het geen bewyse nie. Ons moet Europa uitlos en weer teen suidelike spanne speel soos in die verlede. – Alwyn Carstens
As die bewyse reg is, gaan hy langer geskors word! – Kevin Douglas Hayes
Ek wonder net waar is die bewyse? – Dalene Harmse
Dit is niks minder as reg nie. Daardie soort optrede hoort nie op ’n rugbyveld nie. Laat hy die idiotiese optrede aan sy sak voel. Hulle is in elk geval heeltemal oorbetaal.– Christo de Villiers
As jy op daardie vlak speel, moet jou dissipline 100% wees, want jy laat jou land in die steek. Dit is hoekom ’n sekere Stormer en ’n baie goeie speler sukkel om die Bokspan te haal. – Swannie Swanepoel




















