Jy SMS

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Unsplash
Foto: Unsplash (Netwerk24)

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Ai, die foto van die “jagter” wat spog met die luiperd (18.09), is nie vir my nie. Dis seker ’n Amerikaner. – Nataller

Kan HO, Bloemfontein (18.09), asseblief die oorsprong van “Blink Stefaans” verklaar? Hy/dit kom nie in Anton F. Prinsloo se boeke of die HAT (1997) voor nie. Miskien ’n sprokieskarakter wat, goeie bedoelings nieteenstaande, gedurig droogmaak? – Leser

Dit is 2028 en die Madlanga-kommissie se verslag lê in ’n laai iewers onder ’n lagie stof. Net onder dit lê die Zondo-verslag, met nog meer stof oor. – Johan, Nuweland

Die brief “Nie goeie voorbeelde in die Bybel” (18.09) verwys. Dr. Bernhard Ficker is ’n Christelike puris wat bloot die voorskrifte van God uitlig. Hy moet daarmee gelukgewens word en kan nie rekenskap gee vir sommige van die aartsvaders en konings van Israel se seksoortredings nie. – Prof. Pieter Pansegrouw, Pretoria

Dankie, Springbokke, dat julle vir ons ’n afnaweek gun om iets anders te doen as om rugby te kyk. Hartpille is baie duur! – Marthinus Jacobus Bekker

Sies! Nadat die skitterende Paul de Wet so te sê weggejaag is, moet die Stormers nou, hoed in die hand, ’n skrumskakel leen. – Ben Haiser

Die goudprys is deesdae sowat R3 700. Dis nogal insiggewend dat dit 50 jaar gelede sowat R140 was. – Jaap, Stad

SPELETJIES VANDAG

CTA