Lesers sê

Jy SMS: Ek wonder net...

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
ss
ss (TOQAN KI)

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Die DA moet mooi tussen die lyne lees nadat Dion George bedank het. Ek sê al geruime tyd John Steenhuisen dans na pres. Cyril Ramaphosa en die ANC se pype. Tyd om te gaan, John. – Colin, Franskraal

Hennie van Deventer (15.01), ek het ook al gewonder hoe het ons geslag dit dan reggekry om soveel fenomenale ontwikkelings te laat plaasvind met net een of twee A’s in matriek. Iewers het ’n groot klemverskuiwing plaasgevind. Ten goede? – Marina

As jy darem moet kul om die matriekslaagvereiste van 30% te behaal, is jy werklik gedenkwaardig dom of lui. – Janneman

DF Akademie? Kwansuis van Latyn afgelei. Wat ’n gekruipery voor die ANC aangesien dit ook “getroue leier” beteken. Dus lojaal aan die ANC. – Henk, Oos-Kaap

Dis ’n nare gedagte dat my belastinggeld polisiemanne betaal wat vir misdaadkartelle werk. – Koos, Middelburg

Dankie Rian van Heerden vir jou insiggewende maar ontstellende reeks Beloofde land. Ons hoor van moorde, maar om die rou waarheid te sien is skokkend. Ek stel voor dat die program elke oggend as openingsrede in die parlement gespeel word. Dalk kan die wat in die sagte stoele sit ’n bietjie wakker geruk word. – E. van Zijl Parow

Is daar enigiemand wat oor inligting beskik oor wat van die Orthotouch-ponziskema geword het? – Gert Brand, Duynefontein

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM