Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.
Die berig “Waterverbruik in Kaap steeds te hoog” (30.01): Die stad het op hul hande gesit sedert die “Dag Zero”-droogte. Al wat hulle gedoen het, is om meer gratis water aan meer mense te gee. Al gehoor van beplanning? – Waterkoppie
Nee kyk, genl.maj. Lesetja Senona, hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, gee vir min. Senzo Mchunu behoorlik opdraande as dit kom by onoortuigende jakkalsdraaie wat hy voor die Madlanga-kommissie gooi. Dan praat ek nie eens van sy arrogante selfversekerdheid nie. – Dirk
Dit was swak oordeel om prof. Jonathan Jansen uit te nooi na ’n matriekpraatjie (24.01). Daar is beter opbouende rolmodelle vir ons jeug. – Jozua Hugo, Thornton
Die weglating van Dané van Niekerk uit die Protea-vroue se eendaggroep teen Pakistan is absurd en onverklaarbaar. – Andre, Krugersdorp
Die gebrek aan betroubare en doeltreffende openbare vervoer veroorsaak dat duisende mense daagliks aan die roekeloosheid en arrogansie van taxibestuurders blootgestel word. – Louis van Rooyen, Faerie Glen
Dit is reg dat die taxibestuurder wat die dood van 14 leerlinge veroorsaak het, met dringendheid vervolg word. My vraag is: Wat van die taxi-eienaar? Hy is medepligtig, want hy het sekere goed nie nagekom nie. – Gerhard, Langebaan





















