Lesers sê

Jy SMS

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
kk
kk (ll)

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Elke aand verduur ons 10 keer of meer ’n sekere advertensie. Kan kykNET nie vir hulle 15 minute afstaan om al 10 agtereenvolgens te beeldsend nie? Dan kan die kykers intussen gaan koffie maak? – Schalk, George

Die staat belas sigarette om mense te ontmoedig om te rook, maar laat toe dat onwettige sigarette spotgoedkoop verkoop word? – AB, Stilbaai

Ai, nog ’n naweek sonder Bokrugby en net tuinmaak om na uit te sien. – Benna

Milnerton-boeliesage: Waar is die EFF-leier en sy makkers? Geen optog? Geen “rassisme” om aan die groot klok te hang nie? Daarom is hulle stil! – Jacobus Visser

Hein Willemse se “Fort Hare brand weens misdaad” (23.10) verwys. Wees besorgd en baie bekommerd. Dis die volgende reeks SEB-trawante wat die sake- en politieke omgewing op landsburgers en belasting­betalers losgelaat word. – Harry Tietz

Marius Kritzinger maak beswaar teen die Engelstalige reklameflitse op Afrikaanse televisiekanale (23.10). Ewe hartseer is die verengelsing van die advertensie-invoegsels in die koerant. – Kassie, Kaapstad

Die opskrif “Strafregstelsel ‘is verouderd’ ” (22.10) is totaal misplaas en verskil hemelsbreed met die inhoud van die berig. Dit is die geïntegreerde sekuriteitstelsel van die howe wat verouderd is, nie die strafregstelsel nie. – T. Lourens, Somerset-Wes

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM