Lesers sê

Jy SMS

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Johan Wepener (“Waarom stilte oor banale vergrype?”, 25.10), ’n liedjie is gewoonlik drie tot vier minute lank, hopeloos te kort om al die ANC se vergrype en mislukkings in te pas. – Christhénus, Kuilsrivier

Daar is ’n groot bohaai oor die boelie-storie in die Kaap, maar dawerende stilte oor die afmaai van mense, ook in die Kaap. – Koos, Mpumalanga

Wyse Gryse (“Kies kerk waar jy die minste betaal”, 25.10), jy trap darem hard op die tone van veral die groep wat hulself as “behoudendes” identifiseer. Ek trap saam. Wees net bewus dat daar nou baie briewe geskryf sal word om jou te oordeel en veroordeel, want dié groep eien hulself, met die aanhaal van selektiewe Bybelversies, die reg toe om dit te kan doen. Welgedaan, vriend, welgedaan. – Stefaans, Porterville

Dankie aan Wyse Gryse vir jou brief (25.10). Jy slaan die spyker op die kop. – Engeltjie, Knysna

Hennie, Strand se lekker brief (25.10) is vir seker net die begin van nog baie grappe oor Jan-Hendrik Wessels se draaibal-foutjie teen die arme Ier. Hy was duidelik aan die “verkeerde kant” van die skeidsregter! – Naamgenoot, George

As daar een program is wat ek nie graag mis nie, is dit Willem Viljoen se puik, inligtingryke Vastrap op Saterdae. Maar jammer die woord “lekker” word oorgebruik. – EdeJ

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM