Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.
Baie dankie vir gister (18.12) se vrolike, vreedsame geveerdes-voorbladfoto. – Iris
Die Kaapstad-metro het klaarblyklik besluit op Kersfees sonder Christus, want die stad “bestaan uit mense van verskillende godsdienste en agtergronde” (18.12). Wat ’n totaal onsinnige redenasie. Wat moet die Kersliggies dan nou eintlik simboliseer as dit nie ’n Christelike simbool mag wees nie? In ’n poging om politiek korrek te wees het die metro homself weer in die voet geskiet. Swak, Kaapstad! – Hennie, Strand
Om Christelike simbole uit die Kersliggies te verwyder (18.12) is ’n klap in Christene se gesig. Doen ons dit met ander gelowe, is die hel en al sy woede los! – Marthinus Bekker
Nadat Kaapstad Christelike simbole uit die Kersliggies gehaal het (18.12), sal hulle seker nou kruise op kerke verbied. – Kosie
Die hofie “Verbod op Kersfees gevra” (50 Jaar gelede, 17.12): ’n Stukkie wysheid waarvan ons gerus van kan kennis neem. – PvD
Adv. Shamila Batohi se ontwykende en traak-my-nie-agtige getuienis en gedrag voor die Nkabinde-paneel se ondersoek na die skorsing van adv. Andrew Chauke, die Gautengse NVG-hoof, bevestig dat sy in die eerste plek nooit as nasionale direkteur van openbare vervolgings aangestel moes gewees het nie. ’n Opvolger vir haar kan kwalik meer onbevoeg vir hierdie pos wees as juis sy. – Johan Pretorius, Ladismith





















