Stephan Joubert: Buig laer om hoër te kyk

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Iemand het vir 'n wyse Skrifkenner gevra hoekom sien en ervaar mense God nie meer soos in die ou dae nie. Toe antwoord hy: "Mense is nie meer bereid om laag af te buig en klein genoeg te wees nie."

Inderdaad! God laat Homself vind deur diegene wat opreg na Hom soek. Hy kruip nie weg nie. Maar dan moet ons reg soek. Ons moet soek met die verwagting om deur die Here self gevind te word. Ons moet klop aan daardie hemelse deur wat altyd oopgemaak word, soos wat Jesus ons leer.

Ons hoef God nooit te beïndruk met offers, geskenke of met ons goeie lewe om sy aandag te trek nie. Hy het in elk geval niks van ons nodig nie. Hy wil Homself net laat vind. Hy wil Hom aan ons bekend maak.

Daarom is die kruis hier in Paasfeestyd die regte kortpad na Hom toe. By die kruis buig ons laag genoeg af om op te kyk na God. By Jesus se kruis leer ons om die Here weer in geloof raak te sien. By die kruis ontdek ons hemelse genade en hoop.

Uit die Woord

Vra na die wil van die Here, alle nederiges in die land, almal wat doen wat die Here wil. Streef na geregtigheid, na nederigheid! - Sefanja 2:3

SPELETJIES VANDAG

CTA