Stephan Joubert: Dís die merkers vir geloofsgroei

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Getty Images
Foto: Getty Images

Hoe weet jy of jy fikser word? Wel, jy meet dit aan bepaalde uitsette. Jy weet jy word stapfiks as jy 'n bietjie verder en vinniger kan stap. Jy weet dit nog beter as jy 'n afrigter of 'n mediesefonds-app het wat jou uitsette namens jou meet.

Van meetinstrumente gepraat: Hoe weet jy of jou geloof groei? Wel, dit gebeur as jou toewyding aan die Here van die agtergrond tot die voorgrond in jou lewe verskuif. Jou geestelike groei word sigbaar deur jou groter passie vir gebed en jou groeiende kennis van sy Woord. Dit wys deur konkrete keuses om God met oorgawe te dien en om goed te doen aan ander. Dit wys wanneer jy jou navolging van Jesus as 'n voltydse roeping verstaan en ander aanmoedig om dieselfde te doen.

Nog 'n geloofsgroeimerker is dat jy vrygewiger word en dat jy meer van jouself, jou besittings, jou tyd en gawes deel as tevore. Ook groei jy in jou geloof as jou taal en gesprekke meer opbouend word. O ja, en as jy meer spontaan oor die Here praat. Is jou geloof dus op 'n gesonde groeikurwe?

Uit die Woord

Die doel hiervan is dat ons nie meer klein kindertjies sal wees nie, wat deur onstuimige golwe rondgeslinger word en rondgewaai word deur elke wind van lering, deur mense se slinksheid en die gekonkel waardeur hulle dwaling beplan; maar dat ons eerder, terwyl ons in liefde aan die waarheid vashou, in alle opsigte na Hom toe sal groei. - Efesiërs 4:14-15

SPELETJIES VANDAG

CTA