Stephan Joubert: Donker humor is presies dit

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Borsbeeld van keiser Domitianus. Foto: Wikimedia Commons
’n Borsbeeld van keiser Domitianus. Foto: Wikimedia Commons

Die Romeinse geskiedskrywer Dio Cassius vertel die Romeinse keiser Domitianus (81-96 n.C.) het by geleentheid 'n klompie senators vir ete genooi. Hulle het by 'n pikdonker kamer ingestap. Elkeen moes plek inneem voor 'n grafsteen waarop sy naam verskyn het.

Daardie aand het al die senators huis toe gegaan met die vrees dat hulle binnekort sou sterf. Dit het darem nie gebeur nie, maar Domitianus het daarin geslaag om hulle behoorlik te intimideer met sy dodelike humor.

Magshonger mense geniet dit om almal rondom hulle te ontsenu met intimiderende gedrag. Hulle maak dit graag af as humor, maar hul motiewe is pikdonker. Hul goor dade en grappe sê vir almal in hul nabyheid: "Ken jou plek, of . . . !"

Hiervan gepraat, ons mag ons woorde en dade nooit gebruik om ander te intimideer of te verkleineer nie. Spreuke sê ons woorde is altyd gepas (10:32), sag (15:10), kalmerend (15:4), 'n bron van wysheid (18:4) en lewegewend (22:17-18).

Deur die regte dade help ons ander mense ook om nog meer op die Here te vertrou (22:19). Leef so en kommunikeer só!

Uit die Woord

Die lippe van 'n regverdige weet wat aanvaarbaar is, maar die mond van goddeloses verdraai woorde. - Spreuke 10:32

SPELETJIES VANDAG

CTA