Stephan Joubert: Doop woorde in die Here se ink

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Illustrasie: Getty Images
Illustrasie: Getty Images

Ons almal het in skrywers verander.

Teksboodskappe en e-posse is deel van ons elkeen se daaglikse leefwêreld. KI het intussen ook opgedaag as die nuwe spookskrywer van baie mense se boeke, briewe, dokumente en verslae.

Nogtans kan ons nooit ons eie aanspreeklikheid rondom dit wat ons skryf, systap nie. Ons moet aandag gee aan ons woordkeuses, styl en inhoud indien ons dit reg wil doen.

In 1952 het die Christen-denker C.S. Lewis die volgende wysheid oor goeie skryfwerk gedeel wat steeds hier in 2025 waar is: "A writer has the duty to be good, not lousy; true, not false; lively, not dull; accurate, not full of error. He should tend to lift people up, not lower them down. Writers do not merely reflect and interpret life, they inform and shape life."

Ons digitale woorde sowel as ons inkwoorde het groot krag. Die grootste krag, egter is wanneer ons die Bybelse roete van opbou en integriteit volg as ons skryf. Dan word dit inderdaad waar dat ons woorde brûe bou, ook tussen hemel en aarde. Dan word ons woorde in die Here se ink gedoop sodat dit trefkrag verkry ver bokant enigiets wat ons beplan.

Uit die Woord

Laat die woorde van my mond en die bepeinsing van my hart vir U aanvaarbaar wees, Here, my rots en my verlosser. - Psalm 19:15

SPELETJIES VANDAG

CTA