Sielsdinge

Stephan Joubert: Ergste dinge in my lewe het nooit gebeur

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Illustrasie: Getty Images
Illustrasie: Getty Images

"Some of the worst things in my life never happened," het Mark Twain een keer droogweg opgemerk.

As ons toelaat dat negatiewe gedagtes ons lewe oorheers, trek dit ons hart al hoe meer in daardie rigting. Dan neem 'n negativity bias, 'n negatiewe voorkeur, ons lewe spoedig oor. Ons kan dit wegsteek en so geestelik vroom wees as wat ons wil, maar as ons siel eers deurtrek geraak het van vrees en negativisme, is ons geloof spoedig tot lippetaal gedoem. Dan roer ons geloofsvertroue in die Here ons hartsnare nooit meer nie. Dan deurdrenk dit ons siel nooit meer nie.

Geloof is nie 'n vinnige oplossing, 'n quick fix vir al ons interne stryde en vrese nie. Maar dit verskuif die gerigtheid van ons lewe wel na God. Dit moet, anders is ons met 'n kunsmatige geloof besig. Ons geloof verskuif ons aandag na Hom wat ons ewige Herder is. By die Here vind ons troos. By Hom vind ons rus. In sy teenwoordigheid bedaar ons bekommernis oor al daardie dinge wat ons nog nie oorgekom het nie.

Uit die Woord

Gaan sy poorte binne met lofprysing,

sy voorhowe met 'n loflied;

loof Hom, prys sy Naam.

Want die Here is goed,

vir ewig duur sy troue liefde,

van geslag tot geslag sy trou.

- Psalm 100:4-5

CTA