Sielsdinge

Stephan Joubert: Kan God van plan verander?

Church background image used with the cross symbolizing the death and resurrection of Jesus Christ, the shepherd holding the lamb and guiding the sheep in the meadow
Church background image used with the cross symbolizing the death and resurrection of Jesus Christ, the shepherd holding the lamb and guiding the sheep in the meadow (Illustrasie: Getty Images)

Kan God ooit sy planne verander? Of het Hy al sy planne lank gelede kant en klaar gemaak?

Nee, die Bybel vertel ’n paar keer hoe God sy planne wysig. Om twee vinnige voorbeelde te noem: In Genesis 2 sê God dat mense dadelik sal sterf as hulle van die boom van goed en kwaad in die paradys eet, maar reeds in Genesis 3 sien Hy af van hierdie plan. In Genesis 6 besluit God ook om die sondige wêreld totaal te vernietig, maar dan laat net een regverdige, Noag, Hom van hierdie plan afsien.

Nee, God is nie wispelturig nie. Sy planne strook altyd met sy wese. Omdat God altyd in karakter optree, val sy planne hierby in. Hy is die God van genade en redding. Hy is die God wat vir Hom ’n ewige nuwe volk bymekaarmaak. Daarom mag gelowiges weet dat niks ons ooit van God se liefde kan skei nie. Niks kan ons ooit uit sy hand ruk nie. Hy hou ons vir altyd styf vas in sy greep van genade, soos wat Jesus in Johannes 10 sê. Dit is wie Hy is as die goeie Herder. Daarom weet ons dat ons deel van sy ewige plan uitmaak.

Uit die Woord

“My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal tot in ewigheid nooit verlore gaan nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My Vader, wat hulle aan My gegee het, is groter as almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie. Ek en die Vader is een.” – Johannes 10:27-30

CTA