Stephan Joubert: Laat jou karakter van binne af skitter

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Getty Images
Foto: Getty Images

Ben Hecht (1894-1964) was 'n Amerikaanse skrywer en regisseur. In sy outobiografie vertel hy van sy ontnugtering met baie bekendes en glanspersoonlikhede wat boaan die leer van sukses was. Hy het dikwels gewonder hoe het hulle dit reggekry, want hulle was sielloos in lewende lywe.

Toe ontdek Hecht dat hulle eintlik niks spesiaals was nie. Hul faam het nie uit 'n unieke innerlike karakter voortgevloei nie, maar vanuit die grootheidswaan wat sukses aan hulle verleen het.

Hecht vertel Moses se egte grootheid het hom aangegryp. Hy verwys spesifiek na die verhaal van Moses se 40 dae op die berg Sinai saam met God. Later, toe Moses teruggekeer het, het sy gesig geskitter, maar hy het dit aanvanklik nie eens geweet nie. Dit was nie sy identiteit nie. Moses het nooit sy eie "grootheid" in sy eie glans gevind nie, maar in sy lewenslange getrouheid aan die Here.

Ons almal het dieselfde innerlike karakter nodig. Ons ontmoetings met die Here moet die bron van ons innerlike krag wees. Dit moet die enigste merktekens van sukses in ons lewe wees. Dan skyn die regte glans van binne af uit ons lewe.

Uit die Woord

Toe hy van Sinaiberg af gaan met die twee plat klippe in sy hand, die klippe waarop die getuienis was, was hy nie daarvan bewus dat sy gesig blink geword het terwyl die Here met hom gepraat het nie. - Eksodus 34:29

SPELETJIES VANDAG

CTA