Stephan Joubert: Ligloop vir die noodlot

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die wrak van die Air India Boeing 787-8 Dreamliner wat op 12 Junie in Ahmedabad in Indië neergestort het. Foto: Reuters
Die wrak van die Air India Boeing 787-8 Dreamliner wat op 12 Junie in Ahmedabad in Indië neergestort het. Foto: Reuters

Die tragiese vliegongeluk van Air India op 12 Junie het slegs een oorlewende passasier agtergelaat. Te midde van al die hartseer is allerlei "lesse" hieroor in omloop.

Boomi Chauhan, wat die vlug met 10 minute misgeloop het as gevolg van swaar verkeer in Ahmedabad, asook Vishwashkumar Ramesh, wat as enigste oorlewende uit die vliegtuig gestap het, word veral as lesse voorgehou. Een gewilde plasing sê dit was "divine protection" in hul geval, sonder enige verduidelikings waarom ander passasiers blykbaar nie soortgelyke beskerming geniet het nie. Ander skryf dit toe aan die noodlot.

Die les wat ons blykbaar uit hierdie tragedie moet leer, is dat ons dankbaar moet wees die noodlot is ons nog goedgunstig. En dat die lewe kort is.

Inderdaad moet ons met dankbaarheid leef. Die Here roep ons daartoe op. Maar ander mense se slegte omstandighede is nooit God se motivering daarvoor nie . . . nog minder daardie idees van "whatever will be will be" oor die noodlot. Dit wat met ander mense gebeur, is nooit die Bybel se trekpleister of dreigement om ons tot dankbaarheid te stem nie. Ons leermeester is die Heilige Gees. Hy begelei ons tot dankbaarheid, wat ook al ons omstandighede. Hy help ons om ons eie stukkie tyd hier op aarde vreugdevol uit te koop.

Uit die Woord

"Julle moenie alles 'n sameswering noem wat hierdie volk 'n sameswering noem nie; en waarvoor hulle bang is, daarvoor moet julle nie bang wees nie. Die Here, die Heerser oor alle magte, Hom moet julle as heilig erken, en Hy is die Een vir wie julle bang en bevrees moet wees." - Jesaja 8:12-13

SPELETJIES VANDAG

CTA