Sielsdinge

Stephan Joubert: Ons het g’n idee wat daaglikse brood is

Sparrows eating bread from a human hand
Sparrows eating bread from a human hand (Foto: Getty Images)

Ons bid graag die Ons Vader en ons vra getrou vir ons daaglikse brood. Maar het ons enige idee wat dit is?

Nog meer: Wil ons regtig net daaglikse brood hê? Wil ons sulke klein afgemete porsies hê? Kan ons nie sommer op die koop toe ’n hemelse waarborg vir môre en oormôre se brood ook kry nie?

Immers – die meeste van ons het reeds vandag se brood gekoop. Baie van ons het ’n groot spens om dit veilig weg te bêre. En ’n yskas om te keer dat al die ekstra “daaglikse brood” muf.

Kom ons wees eerlik: Ons weet nie so mooi wat ons vra as ons vir daaglikse brood bid nie. Maar God weet. Hy is ons Vader in die hemel wat weet wat ons nodig het.

Daarom hoef ons nie vir Hom ellelange instruksies te gee oor wat ons daaglikse behoeftes is nie. Hy weet. Hy ken die verskil tussen wat ons regtig nodig het en wat ons self dink ons benodig. God sorg. Hy gee vir die voëls van die hemele hul daaglikse brood. Hy beklee die blomme van die veld, wat vandag hier is en môre weg is, met heerlikheid. Hoeveel te meer sal Hy nie vir ons sorg nie.

Uit die Woord

Julle Vader weet wat julle nodig het nog voordat julle Hom vra. – Matteus 6:8

CTA