Sielsdinge

Stephan Joubert: Pasop vir daardie digitale eggokamer

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Illustrasie: Getty Images
Illustrasie: Getty Images

Dit is verstommend om te sien wat kunsmatige intelligensie (KI) alles regkry.

'n Navorsingblad toon aan dat KI-geïnspireerde klagtes van kantoorwerkers drasties toegeneem het. Mense gebruik KI nou om klagstate teen ander werkers en base op te stel. Sulke eise hou maatskappye se bestuurslui dag en nag besig.

KI het ook in baie mense se sogenaamde digitale eggokamer verander. Al hoe meer mense gebruik KI om hul selfbeeld te bou en vleiende dinge oor hulself te sê.

Van digitale napratery gepraat (!) - in geloofskringe duik KI toenemend as persoonlike terapeut en as selfmotiveringskonsultant op. Geestelike leiers en diesulkes deel selfs KI se positiewe waarnemings oor hulself in die publiek.

Pasop, daar flikker gevaarligte as KI die primêre bron van ons emosionele en geestelike ondersteuning geword het. Dit is een ding om hierdie hulpmiddel te gebruik om ons werk en ons lewe te vergemaklik, maar dis iets anders om dit as ons voltydse nuwe terapeut te beskou.

Ons het regte mense hiervoor nodig. Ook het ook nodig om self die Here op te soek en sy Woord eerstehands te bestudeer. Digitale kortpaaie is nie goed vir ons menswees en ons geloof nie.

Uit die Woord

Dit gaan goed met die mens

wat sy vertroue in die Here stel,

die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is;

so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is

en sy wortels na die stroom toe uitstoot,

nie die hitte voel as dit kom nie

en altyd groen blare het;

'n droë jaar raak hom nie

en hy hou nie op om vrugte te dra nie.

- Jeremia 17:7-8

CTA