Stephan Joubert: Verruil bedreigings vir uitdagings

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Sommige mense is deel is van 'n bedreigde spesie. Hulle voel bedreig, misverstaan, afgeskryf en oorgeslaan. Hulle voel hulle gaan uitsterf. Al medisyne hiervoor is 'n ingrypende kyk-verskuiwing. Laat ek dit reg sê: Dinge verander drasties wanneer jy die lewe sien as 'n plek met uitdagings en geleenthede eerder as bedreigings. Dan is jy nie elke slag ontsteld, onkant gevang of omgekrap deur elke nuwe bedreiging nie.

Om van bedreigings na uitdagings te verskuif is om nooit in 'n skaakmatposisie te wees nie. Jy durf die lewe elke dag met geloof en nuuskierigheid aan. Jy weet jy het altyd keuses. Jy het die keuse om anders as al die bedreigdes te dink. Jy het die keuse om anders as hulle te praat en te leef. Jy het die keuse om reg op te tree, en jy doen dit ook. Jy tree met integriteit op, soos dit pas by iemand wat met die Here se hoop in jou hart leef. Jy weier om in enige museum vir bedreigde spesies te beland. Jy verruil daardie bedreigingsbenadering tot die lewe daagliks vir 'n avontuurlike lewe vol uitdagings in die Heer se nabyheid.

Uit die Woord

Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. - 2 Timoteus 1:7

SPELETJIES VANDAG

CTA