Stephan Joubert: Wees ’n goeie tydleser

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

"Red sky at night, the sailor's delight; red sky in the morning, sailor's warning." So sê die Romeinse digter Vergilius (70-19 v.C.) wanneer hy oor die weer skryf.

Jesus sê dieselfde in Matteus 16:2-4 (NNT): "Teen die aand, as die lug rooi gekleur is, sê julle: ‘Dit gaan mooiweer wees.' In die oggend, as die lug rooi gekleur en donker is, sê julle: ‘Dit gaan vandag reën.' Julle weet presies hoe om die weer te lees en te voorspel. Maar die teenoorgestelde is waar as dit kom by die tekens van hoe en wanneer God sy finale plan in die wêreld gaan deurvoer. Dit wys net hoe ver julle van die pad en inderdaad van God afgedwaal het. Julle herken nie eers meer sy tekens nie!"

Dis een ding om goeie weervoorspellers te wees, maar dis iets anders om God se tyd reg te lees. Jesus leer ons hoe. Hy self staan in die hart van die nuwe tyd wat met sy koms aangebreek het. Hy het God se koninkryk laat aanbreek. Die wysers van God se nuwe tyd wentel rondom Hom. Leer om Jesus se tyd reg te lees. Leer terselfdertyd ook hoe om jou dagboek met syne te sinchroniseer.

Uit die Woord

Let daarom sorgvuldig op hoe julle leef - nie soos onverstandiges nie, maar as wyses. Koop die tyd uit, omdat die dae vol boosheid is. Om hierdie rede moet julle nie onverstandig wees nie; probeer eerder om te verstaan wat die wil van die Here is. - Efesiërs 5:15-17

SPELETJIES VANDAG

CTA