Vandag verskyn die eerste groep Augustus-bruide vir 2023 in Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie in samewerking met World Leisure Holidays.




Onthou: Stemme moet die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto in die koerant verskyn het om 12:00 ingedien wees.
Groot pryse is op die spel, insluitend beddens van Sealy, vakansies van World Leisure Holidays, kontantpryse van Beeld en geskenkpakke van Hannon.
Om seker te maak jou gunstelingbruid het die kans om haar deel van dié lekker pryse te wen, kan jy op een van drie maniere stem.
Só stem jy
Wanneer 'n bruid se foto in die koerant verskyn, kan lesers vir hul gunstelingbruid stem deur:
- PROSES 1 (elke SMS tel 1 punt)
SMS Bruid, jou gunstelingbruid se naam en van, jou naam en van, jou woon- en e-posadres na 35986. Die SMS-lyn sal oop bly tot die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto in die koerant verskyn het.
Die lyn sluit om 12:00. Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS'e geld nie en foutiewe SMS'e sal verreken word.
SMS-voorbeeld: BRUID, Sannie Smit, Tanya Schoeman, Randburg, tanya.schoeman@media24.com.
Deelnemers aan die kompetisie deur middel van stemproses 1 verleen met die gebruik van die SMS-stemme toestemming aan Media24 en sy borge om by geleentheid sy produkte en/of dienste aan hulle te bemark.
- PROSES 2 (elke stem tel 5 punte)
Ekstra koerantstemme van 'n bruid kan op 'n Donderdag van publisering of die Vrydag ná publisering by Tanya Schoeman aangekoop word (tanya.schoeman@media24.com). Beeld sal die koerante aan 'n Beeld-projek skenk.
- PROSES 3 (elke stem tel 5 punte)
Knip jou gunstelingbruid se foto uit (slegs oorspronklike foto's word aanvaar), plak dit op 'n A4-bladsy, voeg jou adres en telefoonnommers by en koerier dit na: Bruid van die Jaar, Bemarking, 2de Vloer, Pretorialaan 272, Ferndale, Randburg 2194.
Stemme kan ook in 'n koevert by Beeld se kantoor in Johannesburg afgelewer word: Bruid van die Jaar, Bemarking, 2de Vloer, Pretorialaan 272, Ferndale, Randburg 2194.
Die sperdatum vir elke week se bruide is die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto in die koerant verskyn het. Alle stemme moet ons teen 12:00 op die sperdatum bereik om in aanmerking geneem te word.
Dit bly die persoon wat stem se verantwoordelikheid om stemme betyds in te dien en Beeld aanvaar geen verantwoordelikheid vir laat stemme nie. Laat stemme sal nie in aanmerking geneem word nie.
Dieselfde prosedure geld bruide wat buite Beeld se verspreidingsgebied val en wil deelneem.
Die drie maandelikse voorloper-bruide dring deur na die eindronde by die gala-aand volgende jaar. Daar word nie 'n maandwenner aangewys nie.
Op die kroningsdag word daar van die drie voorloperbruide van elke maand verwag om 'n voldagsessie saam met die beoordelaars by te woon waar die wenner bepaal sal word. Die aand is 'n semiformele geleentheid saam met die bruide, hul eggenote en hulle genooide gaste.
Sperdatums
- September-bruide: 19 Januarie 2024;
- Oktober-bruide: 16 Februarie 2024;
- November-bruide: 15 Maart 2024;
- Desember-bruide: 12 April 2024.
Skryf só in
Die kompetisie duur van 16 Junie 2023 tot 16 Mei 2024. Jy moet in 2023 trou of getrou het om te kan deelneem. Beeld behou hom die reg voor om jou huweliksertifikaat aan te vra. Slegs Suid-Afrikaanse burgers met 'n geldige ID-dokument mag deelneem. Deelnemers moet ouer as 18 wees.
- Verstrek die volgende in 'n Word-dokument:
a) Troudatum;
b) Bruid se naam en getroude van;
c) Bruidegom se naam en van;
d) Bruid en bruidegom se kontakbesonderhede (e-posadresse en kontaknommers);
e) Woonadres.
- Antwoord die volgende vrae in dieselfde Word-dokument:
a) Waar het julle mekaar ontmoet?
b) Hoe lank ken julle mekaar?
c) Watter beroepe beoefen julle?
d) Wat is jul belangstellings?
e) Vertel ons van jou troue. Was daar 'n tema en wat was jou inspirasie?
f) Beskryf jou troudagstyl. Hoe het jy op jou rok en voorkoms besluit?
g) Wat was jou hoogtepunt van die troue?
- Troufoto's: Heg kleur of swart-en-wit foto's aan in jpeg-formaat. Foto's moet elk 'n minimum van 1 MB groot wees.
- Bruid: kop-en-skouer-foto
- Bruid: vollengte foto
- Egpaar: foto
- Dit is die persoon wat inskryf of namens 'n bruid inskryf se verantwoordelikheid om te verseker dat alle inligting wat verskaf word akkuraat en volledig is
- Daar word nie e-pos-korrespondensie oor inskrywings gevoer nie.
- E-pos-inskrywings moet vóór 12:00 op die sluitingsdag na bruide@media24.com gestuur word. Ons maak geen uitsondering vir laat inskrywings nie.

















