Leef

Beeld se bruide: September-bruide Groep 1

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Vandag verskyn die eerste groep September-bruide vir 2023 in Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie in samewerking met World Leisure Holidays.

Andria Nel van Douglas is op 9 September getroud.
Andria Nel van Douglas is op 9 September getroud.
Ané Pienaar van Pretoria is op 9 September getroud.
Ané Pienaar van Pretoria is op 9 September getroud.
Annemie Smit van Noorder-Paarl is op 23 September getroud.
Annemie Smit van Noorder-Paarl is op 23 September getroud.
Annika Henning van Benoni is op 2 September getroud.
Annika Henning van Benoni is op 2 September getroud.
Arisca Vorster van La Montagne is op20 September getroud.
Arisca Vorster van La Montagne is op20 September getroud.
Bianka du Toit van Jacobsdal is op 23 September getroud.
Bianka du Toit van Jacobsdal is op 23 September getroud.
Cleadan Cilliers van Pretoria is op 23 September getroud.
Cleadan Cilliers van Pretoria is op 23 September getroud.
Elzaan van der Schyff van Morgenzon is op 23 September getroud.
Elzaan van der Schyff van Morgenzon is op 23 September getroud.
Emma-Claire Oosthuizen van Pretoria is op 23 September getroud.
Emma-Claire Oosthuizen van Pretoria is op 23 September getroud.
Ilona Harris van Montana is op 2 September getroud.
Ilona Harris van Montana is op 2 September getroud.
Ilze Mostert van Vanderbijlpark is op 9 September getroud.
Ilze Mostert van Vanderbijlpark is op 9 September getroud.
Janine Potgieter-Booyse van Pretoria is op 16 September getroud.
Janine Potgieter-Booyse van Pretoria is op 16 September getroud.
Janneke Müller van Centurion is op 20 September getroud.
Janneke Müller van Centurion is op 20 September getroud.
Joane Oosthuizen van Bellville is op 16 September getroud.
Joane Oosthuizen van Bellville is op 16 September getroud.

Onthou: Stemme moet die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto in die koerant verskyn het om 12:00 ingedien wees.

Groot pryse is op die spel, insluitend beddens van Sealy, vakansies van World Leisure Holidays, kontantpryse van Beeld en geskenkpakke van Hannon.

Om seker te maak jou guns­telingbruid het die kans om haar deel van dié lekker pryse te wen, kan jy op een van drie maniere stem.

Só stem jy

Wanneer 'n bruid se foto in die koerant verskyn, kan lesers vir hul gunstelingbruid stem deur:

  • PROSES 1 (elke SMS tel 1 punt)

SMS Bruid, jou gunstelingbruid se naam en van, jou naam en van, jou woon- en e-posadres na 35986. Die SMS-lyn sal oop bly tot die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto's in die koerant verskyn het.

Die lyn sluit om 12:00. Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS'e geld nie en foutiewe SMS'e sal ver­reken word.

SMS-voorbeeld: BRUID, Sannie Smit, Tanya­ Schoeman, Randburg, tanya­.schoeman@media24.com.

Deelnemers aan die kompetisie deur middel van stemproses 1 verleen met die gebruik van die SMS-stemme toestemming aan Media24 en sy borge om by geleentheid sy produkte en/of dienste aan hulle te bemark.

  • PROSES 2 (elke stem tel 5 punte)

Ekstra koerantstemme van 'n bruid kan op 'n Donderdag van publisering of die Vrydag ná publisering by Tanya Schoeman aangekoop word (tanya.schoeman@media24.com). Beeld sal die koerante aan 'n Beeld-projek skenk.

  • PROSES 3 (elke stem tel 5 punte)

Knip jou gunstelingbruid se foto uit (slegs oorspronklike foto's word aanvaar), plak dit op 'n A4-bladsy, voeg jou adres en telefoonnommers by en koerier dit na: Bruid van die Jaar, Bemarking, 2de Vloer, Pretorialaan 272, Ferndale, Randburg 2194.

Stemme kan ook in 'n koevert by Beeld se kantoor in Johannesburg afgelewer word: Bruid van die Jaar, Bemarking, 2de Vloer, Pretorialaan 272, Ferndale, Randburg 2194.

Die sperdatum vir elke week se bruide is die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto in die koerant verskyn het. Alle stemme moet ons teen 12:00 op die sperdatum bereik om in aanmerking geneem te word.

Dit bly die persoon wat stem, se verantwoordelikheid om stemme betyds in te dien en Beeld aanvaar geen verantwoordelikheid vir laat stemme nie. Laat stemme sal nie in aanmerking geneem word nie.

Dieselfde prosedure geld bruide wat buite Beeld se verspreidingsgebied val en wil deelneem.

Die drie maandelikse voorloper-bruide dring deur na die finale by die gala-aand volgende jaar. Daar word nie 'n maandwenner aangewys nie.

Op die kroningsdag word daar van die drie voorloperbruide van elke­ maand verwag om 'n voldagsessie saam met die beoordelaars­ by te woon waar die wenner bepaal sal word. Die aand is 'n semiformele geleentheid saam met die bruide, hul eggenote en hulle genooide gaste.

Sperdatums

  • Oktober-bruide: 16 Februarie 2024
  • November-bruide: 15 Maart 2024
  • Desember-bruide: 12 April 2024

Skryf só in

Die kompetisie duur van 16 Junie 2023 tot 16 Mei 2024. Jy moet in 2023 trou of getrou het om te kan deelneem. Beeld behou hom die reg voor om jou huweliksertifikaat aan te vra. Slegs Suid-Afrikaanse burgers met 'n geldige ID-dokument mag deelneem. Deelnemers moet ouer as 18 wees.

  • Verstrek die volgende in 'n Word-dokument:

a) Troudatum;

b) Bruid se naam en getroude van;

c) Bruidegom se naam en van;

d) Bruid en bruidegom se kontakbesonderhede (e-posadresse en kontaknommers);

e) Woonadres.

  • Antwoord die volgende vrae in dieselfde Word-dokument:

a) Waar het julle mekaar ontmoet?

b) Hoe lank ken julle mekaar?

c) Watter beroepe beoefen julle?

d) Wat is jul belangstellings?

e) Vertel ons van jou troue. Was daar 'n tema­ en wat was jou inspirasie?

f) Beskryf jou troudagstyl. Hoe het jy op jou rok en voorkoms besluit?

g) Wat was jou hoogtepunt van die troue?

  • Troufoto's: Heg kleur of swart-en-wit foto's aan in jpeg-formaat. Foto's moet elk 'n minimum van 1 MB groot wees.

- Bruid: kop-en-skouer-foto

- Bruid: vollengte foto

- Egpaar: foto

  • Dit is die persoon wat inskryf of namens 'n bruid inskryf, se verantwoordelikheid om te verseker dat alle inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is.
  • Daar word nie e-pos-korrespondensie oor inskrywings gevoer nie.
  • E-pos-inskrywings moet vóór 12:00 op die sluitingsdag na bruide@media24.com gestuur word. Ons maak geen uitsonderings vir laat inskrywings nie.
Karla Janse Van Vuuren

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM