Leef

Hiér is Netwerk24 se Bruid van die Jaar

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kaylee Dyall, Carla Conradie en Vallenice Linde. Conradie is die wenner van Netwerk24 se Bruid van die Jaar-kompetisie van 2024. Dyall is die naaswenner en Linde is in die derde plek.  Foto’s: Christiaan de Plooy
Kaylee Dyall, Carla Conradie en Vallenice Linde. Conradie is die wenner van Netwerk24 se Bruid van die Jaar-kompetisie van 2024. Dyall is die naaswenner en Linde is in die derde plek. Foto’s: Christiaan de Plooy

Gedurende die onderhoud met die beoordelaars het sy geensins gestres nie, sy was net haarself. Dit het die deurslag gelewer om spontaan te wees en haar boodskap te deel.

Carla Conradie van Brackenfell is Vrydagaand op 'n swierige gala-dinee by die Monte de Dios-venue in Pretoria as Netwerk24 se Bruid van die Jaar vir 2024 gekroon, in samewerking met World Leisure Holidays. Kaylee Dyall van Durban was die naaswenner met Vallenice Linde van Boschkop in die derde plek.

"Ons het lekker gesels in die onderhoud en ek het die beoordelaars vertel wie ek is. Ek het hulle vertel hoe belangrik my troudag vir my was. Ek wil graag my spesiale dag met die res van die wêreld deel en vir mense sê jou troudag is werklik die beste dag wat daar is. Vir ons was dit 'n groot eer en seën om te kon trou. Dit is 'n groot voorreg om die titel te wen," het Conradie gesê met haar man, Rohan, wat in sy noppies staan en glimlag.

Vir Rohan was dit 'n grootse oomblik. "Ek het sommer van die begin af geweet sy gaan wen. Ek is haar nommereen-supporter en sy was definitief die mooiste bruid en sy is 'n awesome vrou wat my bystaan deur alles. Sy verdien dit 120%."

Die aktrise en TV-aanbieder Therese Bam was die seremoniemeester.
Die aktrise en TV-aanbieder Therese Bam was die seremoniemeester.

Therese Bam, wat oor die jare heen 'n instelling geword het as seremoniemeester, het haar weer "meesterlik" van haar taak gekwyt. Die sangeres Leah het as gaskunstenaar opgetree en was ook puik. Haar liedjies uit verskeie genres het aanklank gevind by die gaste en was een van die hoogtepunte van die aand.

Tammy van Zyl, hoofbestuurder van Media24 Afrikaanse Media, het in haar toespraak benadruk dat dit belangrik is dat dié uiters suksesvolle kompetisie wat oor baie jare heen goed gevestig is, moet voortleef nadat Beeld dit uitgebou het tot 'n nasionale suksesverhaal.

"Vir Netwerk24 was dit baie belangrik om te verseker dat bestaande projekte wat hul ontstaan aan ons gedrukte publikasies te danke het, voortleef - en dit is 'n voorreg en plesier vir Netwerk24 om aanbieder van die Bruid van die Jaar te wees. 'n Goed gevestigde en uiters gewilde kompetisie wat vanjaar 'n nasionale kompetisie in eie reg is."

Leah het die gehoor as gaskunstenaar met verskeie van haar treffers vermaak.
Leah het die gehoor as gaskunstenaar met verskeie van haar treffers vermaak.

Sandra Schnackenberg, wat verlede jaar in Beeld se 50ste bestaansjaar as die wenbruid gekroon is, was Vrydag aan die ander kant van die tafel as beoordelaar. "Dit was baie lekker om aan die ander kant te wees. Ek kon sien ek was presies in daai skoene, jy kon sien hoe stres hulle, maar hulle het baie goed gedoen."

• Netwerk24 sou nie die kompetisie kon aanbied sonder die hulp van sy borge nie. 'n Woord van dank aan World Leisure Holidays as hoofborg, Hannons, Bravo Group Manufacturing se "slaap-afdeling", TO Strand, Will & Jacobs-horlosies, Wedding & Lifestyle Hub SA, Darling Sweets, Events Inspirations en die EPH Group. Baie dankie ook aan AnuYou, Boerboel en Prestige vir addisionele pryse.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM