Veldloopskoene: Vastrappers vir die veld!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: GettyImages.com
Foto: GettyImages.com

Sterk, waterdigte stapstewels wat jou enkels beskerm, is wonderlik vir 'n veeldagbielie soos die Vis of die Otter, maar partykeer soek jy iets ligters vir daai lentedagstap na Tweede Waterval in Jonkershoek.

Dis waar 'n nuwe generasie veldloopskoene nie net aan hardlopers nie, maar ook aan stappers, uitstekende opsies bied. Hierdie handvol veldloopskoene het vanjaar ons oog gevang.

Hoe kies 'n mens die regte veldskoen?

As jy nou behoorlik 'n rooikat in die hoenderhok wil gooi, moet jy hardlopers (en stappers) aan die stry kry oor dinge soos "oordadige hakval" of "minimalistiese kaalvoetskoene"... dis erger as 'n klomp WP- en Blou Bul-ondersteuners wat op die vooraand van 'n Curriebeker-eindstryd mekaar in 'n kroeg stormloop.

Deur die jare heen het soveel skynwetenskap rondom die ontwerp van skoene ontstaan dat dit vir die gewone ou meer verward as ooit gelaat het. En boonop is daar deesdae honderde skoene om van te kies!

Die feit van die saak is, daar is nie een soort skoen wat elkeen gaan pas nie. Voete is soos vingerafdrukke en persoonlikhede... elkeen is anders.

Die meeste goeie sportwinkels wat in hardloop-, veldloop en stapstewels spesialiseer, sal jou ou hardloopskoene en hardloopstyl kan analiseer en voorstelle vir gepaste skoene maak. Só ook 'n voetheelkundige. Maar moet nooit 'n skeut gesonde verstand onderskat nie:

• As jy al jare met een soort skoen hardloop of loop sonder dat jy beseer word, is daar geen rede om dit te verander nie. Daai skoene is duidelik reg vir jou.

• Jy gaan nie 'n nuwe motor koop sonder om dit te toets-bestuur nie, of hoe? Doen dieselfde met skoene. Pas hulle in die winkel aan, loop rond in hulle, en verander nou en dan skerp van rigting. As iets in daardie paar minute nie lekker voel nie - as dit nie heeltemal gemaklik is nie - gaan dit later net nog groter ongemak veroorsaak.

• Deel van die gemaksgevoel is dat dit (vir jou) nie te styf of te los moet voel nie. Rol jou voet binnetoe as jy stap? Dalk het jy 'n skoen nodig wat 'n bietjie meer ondersteuning aan die binnekant bied, en minder as jy buitentoe rol. Maar gemak bowe als!

Salomon Speedcross 6

Die Speedcross is die skoen wat amper 20 jaar gelede 'n revolusie inveldloopskoene begin het. Die doel was om 'n taai dog ligte skoen te ontwerpwaarmee atlete vinnig in die berge kon hardloop sonder om hulle voete nerfaf testamp.

Die Fransman Reglan Brewer, die ontwerper van die skoen, het blykbaar syinspirasie by veldmotorfietse gaan soek. Ons trek nou al by die sesde weergawe,en ek ken stappers wat sweer by hierdie ikoniese skoene - as die een model gaaris, word dit bloot vir die volgende Speedcross ingeruil.

Die bolaag word van 'n skeurtrae nylon (RipStop) gemaak wat met 'n digtemaasstof gekombineer word om te keer dat sand en takkies nie die skoenbinnedring nie.

Baie mense verkies steeds tradisionele veters vir hullestapskoene, maar ek is 'n aanhanger van die Speedcross se "Quicklace"-stelselwaar jy alles met een trek kan vas- of losmaak.

Die Speedcross doen sy beste diens op rowwe terrein waar jy daai ekstravastrap nodig het, maar op harde tweespoor het dit vir my by tye gevoel ek stapin rugbytoks.

Prys R2 800 bysalomonsports.co.za

Altra Timp 5

Dekades se hardloop en lang staptogte het 'n tol op my voete geëis, totso mate dat die weefsel rondom 'n senuwee wat na my regtervoet se tone lei,verdik het.

Een van die oorsake hiervan kan wees dat ek vir te lank skoene gedra hetwat my tone voorlangs te veel saamgepers het (as jy gereeld hoëhakskoene dra,kan dit ook gebeur). Om te stap en te hardloop het later so ongemaklik geworddat ek gedink het my stapdae is iets van die verlede.

Weg se kunshoof, Lynne Fraser, het tot my redding gekom. Lynne woon deesdaein Toronto en sy stap Kanada plat. Daar is bittermin wat sy nie vanveldloopskoene weet nie. "Kry 'n paar Altra's," het sy gesê. Die skoene isspesifiek ontwerp sodat elke toon voorlangs meer as genoeg spasie het.

Waar die meerderheid hardloop- en veldloopskoene 'n afloop van 'n helepaar millimeter tussen die opgeboude hak en die voorste gedeelte van die skoenhet, is daar geen afloop in Altra's nie.

Dit moenie verwar word met minimalistiese of sogenaamde kaalvoetskoenenie. Die jongste tegnologie en materiale word steeds ingespan sodat jy vinnigen gemaklik kan hardloop en stap, maar in dié skoene kry jou voete meer ruimteom saam te speel.

Ek het my Timp 4's by Altra se plaaslike aanlynwinkel bestel en totdusver is ek mateloos beïndruk. Die nuwe Timp 5 is duurder as die meeste anderveldloopskoene, maar wees op die uitkyk vir uitverkopings.

Prys R3 400 byaltrafootwear.co.za

Hi-Tec Geo-Trail Pro

Hi-Tec is welbekend vir sy stapstewels en stapskoene, maar hierdie is 'n uitstekende (en sakpas!) opsie as jy pas begin het omenkelspoor-paadjies in die veld te hardloop, of net 'n ligte naweekstapskoensoek.

Die rubberloopvlak is redelik diep (dit laat my aan my bergfiets sebande dink) en daar is 'n harde "buffer" voorlangs wat jou tone teen stampe enstote beskerm.

Tog pas die skoen gemaklik danksy die feit dat diemaasstof-bolaag, die rubber en spons so te sê soomloos saamspan. Dit verminderdie kanse dat daar wrywing plaasvind en blase vorm.

As jy jou helestapskoenbegroting op stewels geblaas het, gaan die Geo-Trail Pro's nie joubeursie ruk nie.

Prys R1 600 byhi-tec.co.za

Merrell Agility Peak 5

Dié maatskappy is 'n bietjie soos die Toyota van diebuiteleweskoen-wêreld... hier is 'n model vir elke sak en toepassing waaraan jykan dink.

Van minimalistiese kaalvoetskoene tot bonkige waterdigte stapstewelssoos die ikoniese Moab wat deur menige ernstige stapper gedra word. Die taaisteen gewildste veldloopskoen wat die maatskappy verkoop, is die Agility Peak, watnou al by sy vyfde weergawe trek.

Die Vibram Megagrip-buitesool (dieselfde rubbersool as die Altra Timp 5)se lofsange word nie verniet wyd en syd gesing nie - dit kan járe lank hou. Diesool se tande (daai knoppies onder die skoen wat vir vastrap sorg) is nogal wyduitmekaar en prominent - net reg vir tegniese terrein waar jy nie wil rondglynie.

Die hak is 'n allemintige 40mm hoog; dus beskerm die spons jou hak teen harde landings, asook teenklippe en takke.

Maar dit beteken daar is 'n groot val (13,4 mm) tussen jou voorvoet enhak. As jy lig op jou voete deur die veld trippel en jou voorvoet eerste diegrond tref, is hierdie nie die skoen vir jou nie.

As jou hakke eerste die grond tref as jy draf, is hierdie 'n uitstekendekeuse wat jare lank gaan hou en die meeste terreine gaan baasraak. En daar is17 verskillende kleurkombinasies om van te kies!

Prys R3 100 bymerrell.co.za

Columbia Montrail Trinity AG 11

Om met party veldloopskoene (veral die minimalistiese nommers) tehardloop, is soos om 'n sportmotor te bestuur. Jy is in voeling met diepadoppervlak, jou voete voel lig en vinnig terwyl jou tone en hakke saamgeselsoor elke klippie en boomwortel in die pad.

Maar dit kan ook hard, stamperig enuiteindelik uitputtend word. Daar is van ons wat dan eerder 'n luukse limo van'n veldskoen soek, een wat jou voet omarm en jou hak met elke tree met dikspons sus.

Columbia (wat aanvanklik naam gemaak het met sy buitelewe-baadjies) seMontrails speel wiegeliedjies vir jou voete. Dalk het dit iets te make met dieasimmetriese skoenveterstelsel - die ryg van jou veters volg die kontoere vanjou voet in die rigting van jou buitenste tone.

Dit help blykbaar jou voet ombeter in die skoen te pas en verminder die druk van die veters. Dis 'ngemaklike stapskoen, veral in droë maande.

Prys R3 000 bycolumbiasportswear.co.za

SPELETJIES VANDAG

CTA