Vir 4
Voorbereityd 15 minute
Gaarmaaktyd 2 minute
Jy benodig
• 800 g calamariringe, heeltemal ontdooi
• botter vir braai
• sonneblomolie vir braai
• broodrolletjies
• slaaiblare
Vir die cajun-speserymengsel
• 1 koppie mielieblom (of koekmeel)
• 1 teelepel knoffelvlokkies
• 1 teelepel rissievlokkies
• 1 teelepel Italiaanse kruie
• ½ teelepel komynpoeier
• ½ teelepel gemaalde swartpeper
• ½ teelepel paprika
• ½ teelepel rooipeper
• ¼ teelepel borrie of kerriepoeier
Vir die pienksous
• 1 koppie mayonnaise
• 4 pikantrissies (peppadews), gekap
• 1 eetlepel tamatiesous of soet rissiesous
• 1 teelepel fyngekapte dille
Só maak jy
1. Spoel die calamari af en druk dit met 'n skoon vadoek of kombuispapier droog.
2. Meng die bestanddele vir die Cajun-speserymengsel (mielieblom, knoffelvlokkies, rissievlokkies, Italiaanse kruie, komynpoeier, swartpeper, paprika, rooipeper, borrie) en gooi dit in 'n plastieksak. Gooi die calamari in die sak en skud dit rond.
3. Meng al die bestanddele vir die pienksous (mayonnaise, pikantrissies oftewel peppadews, tamatiesous, dille) in 'n voedselverwerker. Verdun dit met kookwater, indien jy dit so verkies.
4. Verhit 'n paar eetlepels elk botter en sonneblomolie in 'n groot waarboompan totdat dit baie warm is, maar nie rokend nie. Haal die calamari uit die sak, skud die oortollige speserymeel af en versprei die ringe eweredig in die pan. Skud die pan rond en draai die calamari om. Die calamari sal binne 1-2 minute gaar wees. Moenie dit te lank braai nie, anders sal dit taai raak.
5. Eet dit dadelik op 'n sagte broodrolletjie met slaaiblare en 'n skeppie pienksous oor.




















