- 600g - calamariringe
- 500ml - karringmelk
- 3ml - suurlemoenpeper
- 3ml - gerookte paprika
- 500ml - bruismeel
- 10ml - bakpoeier
- - kanola-olie vir diepbraai
- - suurlemoenwiggies vir voorsit
1. Laat marineer die calamari in die karringmelk en speserye vir 'n paar uur. Indien bevrore, laat die seekos in die karringmelk ontdooi.
2. Meng die bruismeel en bakpoeier in 'n tweede bak en geur ruim met sout en peper. Roer 4 eetlepels van die karringmelk waarin die calamari gemarineer het, by die meelmengsel en vryf dit in om krummels te vorm. Rol die calamariringe een-een in die krummels en meel tot dit oraloor bedek is. Hou eenkant.
3. Verhit 2 cm olie in 'n diep pan en braai 'n paar ringe op 'n slag tot goudbruin, bros en gaar. Skep uit op kombuispapier. Sit voor met vars suurlemoensap en jou gunsteling-sousie.

















