- 600–800 g - calamari-ringe, ontdooi en skoongemaak
- 60 ml - mielieblom
- 60 ml - koekmeelblom
- 5-10 ml - rissiepoeier of cayenne-peper
- 15 ml - seesout
- - olie vir diepbraai
- 4 - broodrolletjies
- ½ - komkommer, baie dun gesny
- 1 - klein ui in ringe gesny
- - knoffelmayonnaise en suurlemoenwiggies vir voorsit
1 Druk die calamari goed droog met kombuispapier en meng dit met diemielieblom, meel, rissiepoeier en seesout tot oraloor bedek.
2 Verhit die olie tot lekker warm en braai die calamari in sarsies totbros en deurgaar - dit neem net 'n paar sekondes. Dreineer op kombuispapier.Sit die calamari voor op broodrolletjies saam met botterslaai, komkommer,uieringe en knoffelmayonnaise. 'n Paar druppels suurlemoensap daarby is ookheerlik.
Wenke Ontdooi die calamari in 'n bietjie melk om dit sagter te maak. Jykan die gebraaide calamari saam met gegeurde rys pleks van broodjies voorsit.


















