- - 3 murgpampoentjies, gerasper
- - 1 wortel, gerasper
- - 250 ml (1 k) gerasperde botterskorsie
- - 250 ml (1 k) gerasperde cheddar
- - 250 ml (1 k) gaar heel sorghum
- - ’n hand vol vars pietersielie, grofgekap
- - 1 knoffelhuisie, fyngerasper
- - fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
- - sout en varsgemaalde swartpeper
- - 125 ml (½ k) meel
- - 3 eiers, geklits
- - 60 ml (¼ k) natuurlike volroomjogurt
- - ’n bietjie olie, vir panbraai
- - suurlemoenwiggies, vir voorsit
Ons meng sorghum met verskeie gerasperde groente vir dié fritters. Smul daaraan vir 'n ligte maaltyd, of as 'n peuselhappie.
1. Meng die gerasperde murgpampoentjies, wortel en botterskorsie in 'n groot bak.
2. Voeg die cheddar, sorghum, pietersielie en knoffel by en meng goed. Geur met sout en peper.
3. Sprinkel die meel oor en meng liggies deur.
4. Klits die eiers en jogurt saam, en giet by die groentemengsel. Meng goed en laat 10-15 min. eenkant staan.
5. Verhit 'n bietjie olie in 'n groot kleefvrye pan. Braai die fritters in sarsies: Skep hopies van die groentemengsel in, druk liggies platter sodat dit soos 'n fritter lyk, en braai oor matige hitte tot goudbruin aan beide kante. Wees versigtig wanneer jy die fritters omdraai sodat dit nie breek nie.
6. Pak die gaar fritters op 'n bord op kombuispapier om te dreineer.
7. Sit warm, teen kamertemperatuur of selfs koud voor, saam met suurlemoenwiggies of 'n smeer of sous van jou keuse. Bêre in 'n lugdigte houer. Dit kan 3-4 dae in die yskas hou.





















