Genoeg vir 4
Voorbereiding: 30 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute
Oondtemperatuur: 200°C
• 4 hoenderborsies met die vel aan
• 30ml olyfolie
• 100g feta, in skyfies gesny
• 200g kersietamaties
• 1 klein Franse brood, dungesny
• 2 ryp avokado's, in skyfies gesny en met suurlemoensap besprinkel
• 3 klein koppe cos-blaarslaai, in wiggies gesny
• ½ rooi ui, dungesny
• 30ml vinaigrette
1. Voorverhit die oond. Sny drie diep kepe in elke hoenderborsie en vryf oraloor met die olyfolie. Geur met sout en peper en verdeel die kaas tussen die insnydings. Rangskik die hoender op 'n bakplaat en bak vir 10 minute.
2. Voeg die tamaties en snytjies baguette by die hoender en bak vir nog 15 minute tot die hoender gaar en die brood goudbruin is en die tamaties gebarste skilletjies het.
3. Laat die hoender 5 minute rus en sny dan die vleis van die been af. Hou die vleis heel of sny in skyfies as jy verkies.
4. Meng die avokado, blare en ui by die hoender en tamaties, drup die vinaigrette oor en sit warm voor.
















