Enoch Godongwana, minister van finansies, lê die derde begroting in die parlement ter tafel - een waarin belasting op toegevoegde waarde onveranderd bly. Maar hoe gaan die staat sy boeke nou laat klop?
2025-05-21 16:35:15
2025-05-21 16:34:32
2025-05-21 14:56:16
Godongwanasê die begrotingsproses het vanjaar getoon dat politieke debat deel vorm vanenige lewenskragtige demokrasie, “en dat dit nie gaan oor verskille oordoelwitte nie, maar oor hoe hulle behaal kan word”.
Hy sê allepartye het nou ’n dieper waardering van mekaaar se beleid en watter kompromisseelkeen bereid is om aan te gaan en watter nié.
“Die publiekhet in die voorste ry gesit vir die groeipyne van ’n lewenskragtige en toegewydedemokrasie.”
2025-05-21 14:46:36
Godongwana sê die rede hoekom so baie mense nie vir munisipale dienste betaal nie, is nie net omdat hulle dit nie kan bekostig nie, maar ook omdat die dienste so swak is.
“Dalende inkomsteinvorderingskoerse is dikwels ’n funksie van die gehalte van die dienste. Munisipaliteite moet besef dat gehalte-dienslewering nie net ’n grondwetlike verpligting is nie, maar ook die hoeksteen van hul eie finansiële volhoubaarheid.”
2025-05-21 14:36:52
Die noodleningingstoelae, tans R370 per maand, word tot einde Maart 2026 verleng.
Godongwana sê dit sal nié verleng word nie.
Hy herhaal dit.
Maar, die goeie nuus is dat alternatiewe vir die sogenaamde Covid-19-toelae wel ondersoek word.
Dit sluit in ’n “werksoekerstoelae” – ’n voorstel van die DA.
2025-05-21 14:31:59
Godongwana lees nou ’n roerende brief van ’n jong mediese dokter oor die verskriklike tekorte aan hulpbronne in staatshospitale. Sy verwys na geen handskoene in kraamsale of watte met alkohol vir die skoonmaak van wonde nie, en na maande lange wagtye vir skanderings sodat siektes te ver vorder om behandel te word.
Dis hierom dat Godongwana sê besteding aan basiese dienste kan nie besnoei word nie.
Oor die volgende drie jaar word R6 690 miljard begroot vir kritieke dienste.
Bykomende besteding word verlaag tot R180,1 miljard. Dit sou in die Maart-begroting R232,6 miljard gewees het. Dis dus steeds meer, beklemtoon Godongwana, maar minder as wat moontlik sou kon gewees het met ’n BTW-verhoging.
2025-05-21 14:26:58
En hier kom die pyn wat voorlê: Wees gewaarsku, belasting sal verhoog moet word. Dit kan net afgeweer word as die Suid-Afrikaanse Inkomstediens R20 miljard méér as wat nou begroot word, kan invorder.
Godongwana doen sommer ’n beroep op almal om die keiser te betaal wat hom toekom.
LEES OOK | Vlieg nou, betaal later2025-05-21 14:25:13
Suid-Afrikaners gaan 16c per liter meer opdok vir petrol van 4 Junie af. Dis die eerste verhoging in die algemene brandstofheffing in drie jaar.
Die bring die heffing op R4,01 per liter petrol te staan.
Die heffing op diesel verhoog met 15c per liter tot R3,85.
Godongwana beklemtoon dis nie genoeg nie, nie naastenby wat met hoër BTW behaal sou kon word nie.
LEES OOK | 8 maniere hoe begroting nr. 3 jou sak raak2025-05-21 14:23:00Baie van wat Godongwana sê, is soortgelyk aan die begroting van 12 Maart. Daar word wel meer klem gelê op Operasie Vulindlela, met sy fokus op die verbetering van dienslewering deur munisipaliteite.LEES OOK | Lafenis ná BTW-storm? Nou wag daar pyn by die petrolpomp2025-05-21 14:19:22Godongwana is baie krities oor die hoë koste van die land se skuld. Die land betaal gemiddeld R1,2 miljard per dag om skuld af te betaal. Dis meer as wat aan frontlinie-dienste soos gesondheid, die polisie en basiese onderrig betaal word.LEES OOK | 77,4% van BBP: Ons verdrink g’n in skuld, sê tesourie2025-05-21 14:17:20
Vinniger ekonomiese groei wat álle Suid-Afrikaners beter daaraan toe maak, moet “ons nasionale obsessie” word, sê Godongwana.
Dis veral belangrik te midde van die onsekere wêreldekonomie.
Foto: Enoch Godongwana op pad na die podium om sy begrotingsrede te lewer. Foto: Jaco Marais

2025-05-21 14:15:08
Die tesourie het sy verwagting vir ekonomiese groei van 1,9% tot 1,4% verlaag. Dit beïnvloed al die belasting wat die regering hoop om in te vorder.
Maar, dié verwagting is steeds optimisties. Die Wêreldbank verwag die helfte hiervan, 0,7%.
Dit kan die begroting se geloofwaardigheid en uitvoerbaarheid ondermyn.
2025-05-21 14:08:17
Godongwanaval sommer met die deur in die huis deur te sê dis goed en wel dat belasting optoegevoegde waarde (BTW) nie verhoog is nie, maar dit skep probleme.
Daar isnie “volhoubare alternatiewe bronne van inkomste” nie.
Dit beteken die regeringse vermoë om bykomende programme te finansier, word aansienlik minder.Nietemin isdie begroting wat hy indien, nié ’n besuinigingsbegroting nie.
Nie-rentebestedingverhoog met gemiddeld 5,4% per jaar oor die volgende drie jaar, wat meer is asdie inflasiekoers.
Bestedingaan die “maatskaplike loon” – gratis dienste soos water, krag, opvoeding engesondheidsorg en billike behuising – beloop 61c van elke rand wat die regeringbestee.
Meer as R1 000miljard word aan kritieke infrastruktuur toegewys.
LEES OOK | 2025-05-21 14:05:09
Enoch Godongwana, minister van finansies, maak bekend dat pres. Cyril Ramaphosa vanuit Washington DC in die VSA na die begrotingsrede kyk.
Hy sê daar is geen skaamte daaroor dat Ramaphosa buite die land is nie, aangesien nóg die besoek aan die VSA nóg die begrotingsrede uitgestel kan word.
2025-05-21 13:57:04Die span wat die begroting help saamstel het. Voor is Enoch Godongwana, minister van finansies. Sy adjunkte is Ashor Sarupen (links van Godongwana) en dr. David Masondo (regs). Effens agter hulle is Edward Kieswetter, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

2025-05-21 13:46:10Die tafel is gedek vir die derde begroting, en as dié begroting nie goedgekeur word teen einde Julie nie, moet alle staatsbesteding tot stilstand kom.





















