Die Hoërskool Linden in Johannesburg vier met trots die uitsonderlike prestasies van hul matriekklas van 2024. Met deursettingsvermoë en harde werk het dié skool se leerlinge uitmuntende uitslae behaal en sit hulle die tradisie van akademiese uitnemendheid voort.
Die klas, wat uit 146 leerlinge bestaan het, het 'n skitterende 345 onderskeidings behaal, en 'n indrukwekkende 94,52% van die leerlinge het universiteitsvrystelling verkry.
Dit is 'n bewys van wat deur volharding en toewyding bereik kan word en dien as 'n bron van inspirasie vir toekomstige generasies.
Dr. Johan Wiehahn, die skoolhoof, sê die matriekgroep van 2024 het hul verwagtinge oortref.
"Hulle is ware ambassadeurs van die Hoërskool Linden en bewys dat volharding enige doelwit kan bereik."
Die skool bedank sy toegewyde personeel, ondersteunende ouers en almal wat tot hierdie sukses bygedra het. Die Hoërskool Linden bewys weer eens dat hulle "meer as net 'n skool" is!
Nog hoogtepunte:
- Slaagsyfer: 99,3%
- Suksesvolle kandidate wat vir verdere studies kwalifiseer: 100%
- Gemiddelde A-simbole per leerling: 2,36 A's
Ontmoet Linden se topmatrieks van 2024:




Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.


















