Van die land se bekendste sportlui sal volgende maand die 90ste verjaardagviering van die Suid-Afrikaanse gholflegende Gary Player bywoon.
Sy verjaardag sal saamval met die Gary en Vivienne Player-uitnodigingstoernooi, wat op 1 en 2 November in Sun City in Noordwes plaasvind.
Onder die bekendes wat teenwoordig sal wees, is die oud-Springbokke Bryan Habana, Victor Matfield, Jean de Villiers, Naas Botha, Odwa en Akona Ndungane en Steven Kitshoff, die Bafana Bafana-helde Lucas Radebe, Shaun Bartlett en Mark Fish, die Protea-krieketspelers Herschelle Gibbs, Jonty Rhodes en JP Duminy, die Liverpool-sokkerheld Kenny Dalglish, die oud-bokser Brian Mitchell en die gholfspeler David Frost.
Talle spelers wat in die Sonskynreeks speel, sal ook teenwoordig wees.
Player was die naweek in die nuus toe Rapportop Netwerk24berig het verskeie Suid-Afrikaanse mynbase en ander sakelui het ’n geselligheid bygewoon wat in samewerking met die Withuis, die tuiste van pres. Donald Trump, en die Withuis se Historiese Vereniging gehou is om Player se verjaardag en invloed in Washington te vier.


















