Stephan Joubert: Pasop vir daardie onbetroubare hart

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

"Die Here ken my hart."

Het jy dit ook al gesê as jou motiewe bevraagteken is? Hierdie woorde word graag ingespan as rede hoekom mense hul optrede nie hoef te regverdig nie, maar dalk moet ons almal versigtiger wees met sulke woorde. Ons is op risiko as ons oorhaastig sê die Here ken ons hart, want Hy ken dit! Ek bedoel: Hy weet regtig wat die ware toestand van ons hart is.

In Jeremia 17:9 se taal is die geestelike kondisie van ons hart nie aldag na wense nie. Ons hart is bedriegliker as enigiets anders.

Boonop is hierdie toestand lewensbedreigend. Ons moet dringend hulp daarvoor kry. Ons moet God se hulp in alle erns opsoek. Saam met Dawid moet ons bid dat Hy vir ons 'n rein hart sal gee (Psalm 51:10). Tussendeur moet ons vashou aan die woorde van Jeremia 29:12-13 dat God Hom laat vind deur elkeen wat met hart en siel na Hom soek. Wanneer ons in opregtheid na God uitroep, sal Hy ons hoor. Wanneer ons dringend aan sy hemelse deur klop, sal Hy vir ons oopmaak en aan ons 'n nuwe hart gee.

Uit die Woord

"Ek sal vir julle 'n nuwe hart gee, 'n nuwe gees sal Ek in julle binneste gee; Ek sal die hart van klip uit julle liggame verwyder en vir julle 'n hart van vlees gee. My Gees sal Ek in julle binneste gee." - Esegiël 36:26-27

SPELETJIES VANDAG

CTA