Stephan Joubert: Regte mense vaar beter as KI

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Illustrasie: Pixabay
Illustrasie: Pixabay

Toe neem iemand se geestelike skrywes 'n nuwe tekstuur aan. Vanaf 'n digitale myl het al die nuut verpakte tekste uitgeroep: ChatGPT! Eendag merk hy toe op hy vra vir ChatCPT oor dié se geloof uit. Toe was daar darem 'n gerusstelling dat ChatGPT ook 'n Christen is. Ek was verstom.

Dieselfde het my oorgekom toe iemand onlangs vertel KI is sy berader sedert sy vrou se dood. KI verstaan sy gevoelens baie beter as al sy vriende en kerklikes wat blykbaar nie genoeg omgee nie. KI is altyd daar vir hom.

Inderdaad leef ons in 'n nuwe wêreld. Nee, KI is nie ons vyand nie. Allesbehalwe! Nogtans moet ons weet dis sielloos. Dit boots ons geloof en emosies na.

KI leer blitsvinnig hoe om die verskillende gebruikers daarvan soos 'n boek te lees. Anders gesê, wanneer ons ons eie geloofsoortuigings en gevoelens met KI deel, sal ons terughoor wat ons graag wil hoor. Dis hoekom ons steeds regte mense rondom ons nodig het. Gebroke mense is steeds die Here se beste lewende geskenke aan ons. Met ons foute en al, is ons ook daar vir hulle.

Uit die Woord

Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het nie liefde nie, dan het ek 'n weergalmende ghong of 'n kletterende simbaal geword. En al profeteer ek, en begryp ek alle geheime, en besit ek alle kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het nie liefde nie, is ek niks! - 1 Korinthiërs 13:1-2

SPELETJIES VANDAG

CTA