Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor erge donderstorms Vrydag in die sentrale dele van Noordwes. Die swaar stortreën kan met rukwinde, hael en weerlig gepaardgaan.
In die Noord-Kaap, die westelike dele van die Vrystaat, die noordwestelike dele van die Oos-Kaap en die noordelike dele van die Wes-Kaap kan toestande tot wegholveldbrande lei.
Gauteng
Gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderstorms in die suide.
• Pretoria: 14 °C tot 28 °C
• Johannesburg: 12 °C tot 26 °C
• Vereeniging: 12 °C tot 28 °C
Mpumalanga
Bewolk in die ooste met motreën, andersins gedeeltelik bewolk en koel met enkele donderstorms in die verre-suidweste. Koud in die platorand.
• Mbombela: 13 °C tot 17 °C
• eMalahleni: 15 °C tot 24 °C
• Standerton: 9 °C tot 26 °C
• Skukuza: 19 °C tot 23 °C
Limpopo
Bewolk in die ooste met motreën, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm.
• Polokwane: 14 °C tot 21 °C
• Tzaneen: 13 °C tot 18 °C
• Musina: 19 °C tot 25 °C
• Lephalale: 19 °C tot 29 °C
• Mokopane: 16 °C tot 23 °C
Noordwes
Sonnig in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderstorms wat meer verspreid in die sentrale dele sal voorkom.
• Potchefstroom: 15 °C tot 29 °C
• Mahikeng: 17 °C tot 28 °C
• Rustenburg: 17 °C tot 30 °C
• Vryburg: 14 °C tot 32 °C
Vrystaat
Miskolle in die oggend in die verre-ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderstorms.
• Bloemfontein: 11 °C tot 32 °C
• Bethlehem: 10 °C tot 27 °C
• Kroonstad: 14 °C tot 29 °C
• Ficksburg: 8 °C tot 26 °C
Noord-Kaap
Miskolle in die oggend in die noordwestelike binneland waar dit koel sal wees, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Sonnig in die suide. Enkele donderstorms word in die sentrale en die oostelike dele verwag.
• Upington: 14 °C tot 34 °C
• Kimberley: 13 °C tot 33 °C
• Alexanderbaai: 10 °C tot 22 °C
• Sutherland: 3 °C tot 27 °C
Wes-Kaap
Sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk later die dag. Bewolk in die noordelike dele. Koel in die suidelike kusgebied.
• Kaapstad: 13 °C tot 28 °C
• Vredendal: 11 °C tot 34 °C
• George: 10 °C tot 24 °C
• Worcester: 7 °C tot 33 °C
• Beaufort-Wes: 7 °C tot 32 °C
Oos-Kaap
Miskolle in die oggend in die weste, andersins sonnig en warm maar koel in die kusgebied.
Bewolk met miskolle in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm.
• Gqeberha: 9 °C tot 22 °C
• Graaff-Reinet: 5 °C tot 32 °C
• Oos-Londen: 11 °C tot 23 °C
• Port St. Johns: 11 °C tot 23 °C
• Mthatha: 8 °C tot 25 °C
KwaZulu-Natal
Warm in die noordweste, andersins bewolk en koel met enkele reënneerslae. Gedeeltelik bewolk in die weste later die dag.
• Durban: 16 °C tot 21 °C
• Richardsbaai: 15 °C tot 22 °C
• Pietermaritzburg: 9 °C tot 23 °C
• uMnambithi (Ladysmith): 10 °C tot 26 °C





















