Die goedkoopste manier om 'n nuwe iPhone 15 te bekom, is om jou ouer iPhone in te ruil, want Apple se jongste model is weer aansienlik duurder.
Die iStore het Vrydag die pryse van die nuwe iPhone 15-reeks bekend gemaak en vooraf bestellings aanlyn, vir kontant- en kontrakopgraderings, is ook nou beskikbaar.
Die goedkoopste iPhone 15-model kos R21 999, R1 400 meer as die vorige model, en die duurste een is nou R44 999.

Die iPhone 14 se goedkoopste model was R20 599 en die iPhone 13 s'n R17 999.
LEES OOK | iPhone 14 ‘kos meer in SA'
As die pryse gebruikers 'n bietjie afskrik, maar die begeerte te groot is, kan hulle van die inruilprogram gebruik maak.
Volgens die iStore kan gebruikers tussen R7 999 en R20 000 terugkry. Die inruilpryse word tot 31 Desember gewaarborg.
Vir meer inligting en al die bepalings en voorwaardes, besoek die iStore.
Daar is nog 'n bykomende R3 500-besparing vir gebruikers wat die foon koop (nie 'n kontrak uitneem nie) en 'n iPhone 13 daarvoor inruil, en 'n bykomende R2 000-besparing wanneer hulle enige iPhone 12-foon inruil.
Hier is die huidige prys van die iPhone 15 in vergelyking met die vorige iPhone 14-model.
iPhone 15 (iPhone 14)
128 GB: R21 999 (R20 599)
256 GB: R24 999 (R23 199)
512 GB: R30 799 (R28 499)
iPhone 15 Pro (iPhone 14 Pro)
128 GB: R27 699 (R25 699)
256 GB: R30 799 (R28 299
512 GB: R36 499 (R33 599)
1 TB: R41 999 (R38 599)
iPhone 15 Pro Max (iPhone 14 Pro Max)
256 GB: R33 499 (R30 999)
512 GB: R38 999 (R35 999)
1 TB: R44 999 (R41 499)





















