Stephan Joubert: Briek daardie spiese van haat

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto-illustrasie: Getty Images
Foto-illustrasie: Getty Images

Die Waodani-stam in Ecuador was vroeër berug vir hul wreedaardigheid. In 1956 het 'n aantal Amerikaanse sendelinge tussen hulle gaan woon. Vyf van hulle is wreed deur die Waodani's vermoor.

Steve Saint is die seun van een van die vermoordes. Hy het dikwels teruggekeer soontoe omdat sy tannie, Rachel, steeds tussen die Waodani's gewoon het.

Jare later het 'n man genaamd Mincaye teenoor Steve erken hy het sy pa vermoor. Hy het verwag Steve sou wraak neem, want dit was die reël in die Waodani-kultuur. Hulle het geglo die gode bring hul vyande na hul spiese toe.

Maar hy het hom misgis. Steve was toe nie wraaksugtig soos die res nie. Hy kon selfs vir sy pa se moordenaar sê daar het 'n einde aan sulke spiese gekom. Nou wen die Here se liefde.

Op een plek in Ecuador het die evangelie die eindelose siklus van geweld gebriek. Wat sal in ons midde gebeur as ons Jesus se boodskap van vrede en versoening ewe ernstig opneem? Wat sal gebeur as ons nie spiese in die rigting van ons teenstanders teruggooi nie? Dan briek haat summier hier op ons Suid-Afrikaanse voorstoep.

Uit die Woord

"Kom, laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, sodat Hy ons van sy paaie kan leer, en ons sy weë kan volg."

Ja, uit Sion sal daar onderrig kom, en die woord van die Here uit Jerusalem. Hy sal regspreek tussen die nasies, die reg handhaaf vir talryke volke. Hulle sal van hulle swaarde ploegskare smee, en van hulle spiese snoeimesse. Nasies sal nie meer die swaard teen mekaar opneem nie; hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie. - Jesaja 2:3-4

SPELETJIES VANDAG

CTA