Stephan Joubert: Leef tot dan jou belydenis

Young woman with hands up the sun light finding happiness, peace and hope
Young woman with hands up the sun light finding happiness, peace and hope (Foto: Getty Images)

’n Vriend sê eenkeer vir my daardie misdadiger aan die kruis langs Jesus was die gelukkigste man ooit. Onthou jy hoe hy in Lukas 23:42 vir Jesus vra om aan hom te dink wanneer Hy in die koninkryk van God aankom?

Toe hoor hierdie man dat hy daardie dag nog saam met Jesus in die paradys sou wees. My vriend sê toe hy het dit darem maklik getref. Hy het nie eens nodig gehad om ’n lewe van gehoorsaamheid ná die tyd uit te leef soos wat ons almal moet nie.

Die Here se gebooie is fris. Hy vra ’n paar ongemaklike dinge van ons, soos dat ons ons naaste moet liefhê, en dat ons ander mense hoër as onsself moet ag. Ons mag nooit kwaad met kwaad vergeld nie. Of lelike taal op ander mense loslaat nie. Of hul besittings begeer nie. Of sondige gedagtes in ons hart huisves nie. Of slegte mense se dood begeer nie. Of armes minag nie. Of ons vyande haat nie.

Geloof vra meer van ons as net ’n vroom belydenis. Natuurlik moet ons ook die regte geloofsbelydenis in ons hart hê, maar totdat die paradys ons nader wink, moet ons dit elke dag van harte uitleef.

Uit die Woord

Want uit genade is julle verlos, deur geloof. En juis dit kom nie uit julle self nie; dit is die gawe van God. Dit kom nie uit eie werke nie, sodat niemand op iets mag roem nie. Ons is immers sy maaksel, geskep in Christus Jesus om goeie werke wat God voorberei het, te doen, en daarvolgens te leef. – Efesiërs 2:8-10

SPELETJIES VANDAG

CTA