Stephan Joubert: Moenie oneties onthou nie

Adhesive notes on head. Paper cut.
Adhesive notes on head. Paper cut. (Illustrasie: Getty Images)

Wanneer geheue ter sprake is, is ons almal tekortkommers. Ons almal meen ons kort ’n groter geheue. Nogtans word ’n massa inligting in ons kop geberg sonder dat ons dit eens weet. Ons herinneringe word daar verpak by wyse van assosiasies, verhale, smake, geure, kleure en belewenisse.

Inligting word nooit objektief van A tot Z in ons kop geberg nie. Dit word nie neutraal gestoor of herroep nie. Ons geheue koppel gevoelens van pyn, vreugde, geluk en hartseer aan gebeure uit die verlede.

Ons geheue is nie vanself eties of moreel nie. In Bybelse taal uitgedruk: As ons nie gedurig in ons geheue ingryp nie, hou dit steeds boek van al die kwaad.

Dieselfde geld vir sondige begeertes en gedagtes wat ons verhouding met die Here en ander mense negatief beïnvloed. ’n Onetiese geheue wat nie bewustelik in toom gehou word nie, keer gedurig terug om ons van voor af te teister.

Daarom moet ons die Here vra om ons geheue te verlig. Hy moet ons vrymaak van onetiese herinneringe en emosies wat in die donker kamers van ons siel wegkruip. Ons moet beter onthou. Ons moet reg onthou, dan leef ons reg.

Uit die Woord Lê jou daarop toe om jou voor God te stel as iemand wat die toets deurstaan het, as ’n arbeider wat hom nie hoef te skaam nie, wat met die woord van die waarheid die reguit pad aandui. – 2 Timoteus 2:15

SPELETJIES VANDAG

CTA