Stephan Joubert: Ons weet nie alles, maar ons weet dít!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
.Foto: Gerrit Bastiaanse
.Foto: Gerrit Bastiaanse (Gerrit Bastiaanse)

Die Spreukeskrywer sê in Spreuke 30:18-19 daar's 'n paar dinge wat hy nie verstaan nie. Hy verwys dan na die gemak waarmee 'n arend vlieg en 'n slang stilweg rondseil, en 'n skip wat op die see dryf, en die liefde tussen man en vrou.

In ons elkeen se lewe is daar 'n paar dinge wat ons nie mooi kleinkry nie. Dit herinner my aan 'n trefferlied van weleer: "There are more questions than answers. The more I find out, the less I know."

Soos wat die lewe aanstap, weet ons al hoe minder van al hoe meer. Maar ons weet tog ook 'n paar dinge.

Nog belangriker - ons het die lewe op 'n paar plekke selfs 'n klein bietjie beter gemaak. Ons het vir ons kinders 'n goeie voorbeeld van toewyding aan die Here, en van integriteit gestel. Ons het ons vriende ondersteun. Ons het goed gedoen aan mense wat swaarkry. Ons het onreg en bedrog gesystap. Ons het ons kennis na die beste van ons vermoë met ander gedeel.

Op hierdie goeie pad van die Here gaan ons verder voort. Al weet ons nie alles nie, weet ons wel dit is die regte pad!

Uit die Woord

Ek beur voort na die wenstreep, om in Christus Jesus die prys van God se roeping van omhoog te bekom. - Filippense 3:14

SPELETJIES VANDAG

CTA