Stephan Joubert: Sing feesliedere oor die liefde

A beautiful young couple in love, shot in silhouette, enjoying time together. The romantic, emotional moment of bonding, finding a soul mate. Conquering adversities together
A beautiful young couple in love, shot in silhouette, enjoying time together. The romantic, emotional moment of bonding, finding a soul mate. Conquering adversities together (Foto: Getty Images)

Eintlik moes daar ’n waarskuwing voor in die boek Hooglied gewees het wat sê dit moet onder toesig gelees word. Hooglied praat en jubel padlangs oor die liefde. Nee, dit gaan nie hier oor die liefde tussen God en sy volk soos wat baie rabbi’s en kerkvaders hierdie liefdespel tussen twee minnaars probeer wegverklaar het nie. Hooglied praat digterlik oor die intieme fasette van die liefde.

Hooglied verlaag liefde nooit tot wellus nie. Of tot goedkoop begeertes nie. Nogtans ontken dit nie die vuur wat die liefde in ons harte en liggame aan die brand steek nie.

Van die begin af het God hierdie intimiteit van die liefde ingemessel binne die veilige en beskutte ruimtes van sy eie oorkoepelende liefde vir ons. Juis in Genesis 2 se skeppingsverhaal word die feestelikheid van sulke liefde benadruk wanneer die man sy vrou vir die eerste keer sien en uitbreek in ’n loflied oor haar.

Egte liefde is nooit goedkoop of platvloers nie. Dit is lewenslange intimiteit, bewondering en vreugde. Daarom vier Hooglied fees oor die vuur en avontuur van die liefde, soos wat God dit bedoel het om te wees. Sing dit agterna saam met jou lewensmaat.

Uit die Woord

Die liefde is sterker as die dood,

die hartstog magtiger as die doderyk;

dit brand en vlam soos vuur.

Strome water kan die liefde nie blus nie,

riviere kan dit nie afkoel nie. – Hooglied 8:6-7

SPELETJIES VANDAG

CTA