Stephan Joubert: Systap sinisme

Green plant sprout in cracked soil
Green plant sprout in cracked soil (Foto: Getty Images)

Om sinies te wees is om skepties te wees. Dit is om wantrouig te wees en om niks goeds in enigiemand te sien nie. Dit is om spottend en sarkasties te wees.

Sinisme triomfeer in die geledere van diegene wat hul tradisies, kultuur en geloof prysgegee het. Hulle is die ontnugterdes wat blykbaar een of ander nuwe lig gesien het.

Sommige akademici, komediante en skrywers is ook sinies. Dit is blykbaar hul badge of honour om te sê wat hulle wil.

Net dalk is so ’n siniese lewensingesteldheid ’n verbloemde vorm van vrees. Bes moontlik verklap dit ’n versteekte vorm van onsekerheid en wanhoop.

In Romeine 5 skryf Paulus aangrypend oor hoop as teenvoeter vir ’n siniese ingesteldheid. Hoor net hoe praat hy in vers 3-5 oor die regte hoop wat ons in alle omstandighede deurdra: “Ons weet swaarkry leer ons om vas te byt in ons geloof. Sulke vasbyt help ons met die regte karaktervorming voor die Here. En hierdie karaktervorming maak ons hoop sterker. Diep binne-in ons weet ons nou dat ons hoop nie ’n leë droom is nie. Dit sal waar word, want God het reeds sy liefde in ons harte uitgestort. Dit het Hy gedoen deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het” (NNT).

SPELETJIES VANDAG

CTA