Stephan Joubert: Van keelvol tot ‘chara’-vol

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Olive Oyl, Popeye en Bluto.
Olive Oyl, Popeye en Bluto.

Almal is keelvol vir misdaad, korrupsie en bedrog. Almal is keelvol vir stukkende paaie, kabeldiefstal, rassisme en swak diens.

Baie mense voel soos Popeye van ouds. Elke keer as Bluto by sy geliefde Olive Oyl aangelê het, het Popeye uitgeroep: "That's all I can stands. I can stands no more!" Dan het Popeye blitsvinnig 'n blik spinasie geëet en Bluto op sy plek gesit. Wel, ons kan nie dit doen nie, want dan beland ons agter tralies.

Daar's 'n ander roete wat ons moet bewandel - dié van vreugde. Een van die belangrikste Griekse terme vir vreugde in die Nuwe Testament is chara.

In Johannes 15 leer Jesus ons hoe om dit te bekom. Hy vertel op 'n beeldryke wyse Hy is die ware wingerdstok en ons is die lote. As ons in Hom bly en Hy in ons, dan vloei sy nuwe lewe deur ons.

As ons Jesus se woorde gehoorsaam deur in liefde teenoor God en mekaar te leef, vloei sy vreugde ook deur ons. Trouens, Jesus sê in vers 11 as ons hierdie dinge weet en dit doen, dan raak ons regtig chara-vol. Dan oorstroom sy eie vreugde ons. Dan kan ons te midde van keelvol mense regtig vreugdevol leef.

Uit die Woord

"Net soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Bly dan in my liefde. As julle my gebooie onderhou, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader gehoorsaam en in sy liefde bly. Dit het Ek vir julle gesê, sodat my blydskap in julle kan wees, en julle blydskap volkome kan wees." - Johannes 15:9-11

SPELETJIES VANDAG

CTA